Landbouweekblad

VOLHOUBARE VELDBESTUUR 4 gereedskapstukke vir veld en vee

Weiveld het die vermoë om self te herstel nadat dit versteur is, en dit laat veeboere toe om op lang termyn goeie en stabiele voer- en diereproduksie en wins te verkry. Verder bied veld ook weerstand teen verandering en sal oor ’n wye reeks bestuurstoestande volhoubaar en gesond bly. Sien ook die artikel “Bestuur dinamiese weiveld reg” in Landbouweekblad, 2 Junie 2022 (bit.ly/3D4JN6P).

In hierdie artikel word gekyk na die gereedskap wat tot veeboere se beskikking is om eerstens te keer dat die veld agteruitgaan en voorts om vernielde veld te herstel sodat die maksimum volhoubare wins per hektaar op lang termyn bewerkstellig kan word.

1 VEEGETALLE (VEEBELADING)

Veebelading verwys na die getal diere wat ’n veeboer op sy plaas aanhou. Byvoorbeeld, as die boer 100 diere op sy plaas van 1 000 ha aanhou, dan pas hy ’n veebelading van 1 dier per 10 ha op sy plaas toe.

As die plaas se produksiekapasiteit ook 1 dier per 10 ha is, dan is die belading wat toegepas word in harmonie met die plaas se vermoë om in die voerbehoeftes van die diere op die plaas te voorsien. As die belading byvoorbeeld 1 dier op 20 ha is, word die plaas onderbelaai (sien GRAFIEK ).

Die gevolg is dat die minder diere op die plaas

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter