Buitelug- en avontuurentoesiaste moet dikwels baie toerusting aankoop om hul stokperdjie veilig te geniet. Ongeag of jou passie kampeer, stap of jag is, jou tent is een van die belangrikste stukke toerusting wat jy sal koop. Dit is waarskynlik ook die stuk toerusting wat die grootste duik in jou begroting sal maak – dit is dus noodsaaklik dat jy die regte keuse maak.
Tente is al vir wat soos eeue voel ‘n deel van ons lewens, aangesien mense deur die geskiedenis heen in allerhande situasies skuiling gesoek het – van die permanente en semipermanente wonings van verskeie kulture tot die nomadiese skuilings van ontdekkingsreisigers en jagters regoor die wêreld. ‘n Indrukwekkende verskeidenheid materiale is oor die eeue gebruik om hierdie tente te maak, maar vir die moderne