![f012-01](https://article-imgs.scribdassets.com/4vi1o3qeo0aasl4n/images/fileK1G1QK2R.jpg)
Die tema vir die 2022 Toyota SU Woordfees-kunstefees is Wild – ’n speelse konsep wat die feesdirekteur, Saartjie Botha, sê haar laat “oorborrel van geesdrif vir die twee feeste wat die Woordfees vanjaar gaan vier ná twee jaar van angstigheid in en frustrasie oor die kunsomgewing”.
“Jy gaan wild,” sê Saartjie, “Wanneer jy niks meer het om te verloor of weg te steek nie; wanneer jy wil wegbreek van vrees en voorbehoude. Soms is dit presies wat nodig is om nuwe moed te skep en asem te blaas in die lewe en dit nuwe betekenis gee. Wild is outentiek en noodsaaklik vir die soort kuns wat alles uitdaag en