Landbouweekblad

VEILING VAN DIE WEEK

VRYBURG / CHAROLAIS / R160 000

Charolais-, Simmentaler- en Brahman-bulle is op die derde bulveiling van die SA Texas Beef-groep op die Vryburgse skouterrein aangebied. Vyf bulle is teen R100 000 of), van mnr. Dewald van der Merwe van die Biesiesvlei-boerdery, Lichtenburg, is vir R160 000 aan mnr. Jacques Swart van die Malemba-boerdery, Vryburg, verkoop. Nóg ’n Charolais (BB 20-0530) van Van der Merwe is vir R100 000 aan mnr. Wikus Mostert van Schweizer-Reneke verkoop. Twee Brahman-bulle het R100 000 stuk behaal. Hulle is aan mnre. Kobus Niemann van die KE-boerdery, Vryburg, en Harry Burger van Schweizer-Reneke verkoop. Die duurste Simmentaler van mnr. Danie Erasmus van Delareyville is vir R100 000 aan mnr. Johan Rosseau van Delareyville verkoop. Charolais-bulle het gemiddeld R78 444 behaal, Simmentalers gemiddeld R66 250 en Brahmane gemiddeld R65 333. Noordkaap Lewendehawe het die veiling aangebied en mnr. Theuns Visser was die afslaer.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad4 min read
Minder Antibiotika In Dierebedrywe Gebruik
NIEMAND wil enige teken van antimikrobiese middels in hul cappuccino hê nie, sê dr. Theo Kotze, ’n veeartsenykundige konsultant in die beesbedryf, wat namens die Melkprodusente-organisasie (MPO) in ’n werksessie oor die weerstandigheid teen antimikro