Landbouweekblad

’n Nuwe, buigsame steunprogram

Daar word dikwels verwys na die subsidies wat wit boere vroeër jare gekry het en die behoefte om weer subsidies in te stel om swart boere te help om deel van die kommersiële landbou te word.

In teenstelling met wat ekonomiese puriste glo, is subsidies teoreties regverdigbaar en word dit in byna alle lande ter wêreld toegepas. Die neiging is egter steeds dat landbousubsidies die praktyk in ryker lande is, terwyl boere in baie middelinkomste- en arm lande eerder deur onnodige koste belas word. Die impak daarvan blyk duidelik uit dié lande se swak vertoning. In die strewe na ’n inklusiewe landbousektor en die regstelling van rasvooroordele uit die verlede is subsidies aan swart boere in Suid-Afrika regverdigbaar.

Die meeste lande in die ontwikkelde én die ontwikkelende wêreld het programme om boere (hoofsaaklik, maar nie uitsluitlik nie jong mense) vroeg in hul loopbaan te help om hulle in boerdery of ’n landboubesigheid te vestig.

In teenstelling het Suid-Afrika, selfs anders as baie Afrikalande, nie so ’n program nie. Ondanks talle bewyse dat die steun wat vroeër aan wit boere gegee

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Met Dié Sonpomp Het Jy Altyd Genoeg Water
Cedar bied ’n verskeidenheid pompreekse, waaronder klein DC- (gelykstroom) pompe wat ideaal is vir veesuipings. Die Multiflow-reeks is Cedar Solar se vlagskip-boorgatpomp, wat met gelykstroom én wisselstroom (AC) kan werk. Die tegnologie in dié pompe
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Dragtige Ankole-koei en haar kalf is vir R1 miljoen verkoop op die nasionale Ankole-veiling wat op 1 Junie op die plaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa by Bela-Bela aangebied is. Die koei, LUI 19-006, is deur die Cattle Group Farming van Wal
Landbouweekblad1 min read
Landbouweekblad
Redaksie KAAPSTAD Heerengracht 40, Posbus 1802, Kaapstad 8000 Redakteur Chris Burgess (chris.burgess@landbou.com) Inhoudshoof Nelia Richter (nelia.richter@landbou.com) Produksiebestuurder Gretchen Peiser Spesialisskrywer Amelia Genis Joernaliste Luc