Koe'sister

DAAR WAAR DIE SON tieng SÊ

NAMAKWALANDSE SOETSUURDEEGBROOD

Verna Stuurman

Dís nou ’n lekkerny so reg uit my kinderjare! Die geur van soetsuurdeegbrood, moerkoffi e en Cobra-politoer op ’n Saterdagoggend is dié van my ouma se Edensingelkombuis. Dieselfde soetsuurdeegbrood-herinneringe vat my nog verder terug na my oumagrootjie se huis in Steinkopf, met die ronde kookhuis bedek met goiingsak. Ook die tannies met die voorskote en kappies to match wat die lekkerste vaalbredies en afvalpotte aan die gang gehou het vir al die groot geleenthede.

Etsê, dan sal ’n orduntlike xhorro or hierdie dierbaarhede darem tog nxa wees, ek meen mar!

In Namaqualand the cooking was done in the kookhuis, a round, tent-like structure in the yard. That’s where the magic happened. The outside oven, resembling a pizza oven, was used mostly to bake loaves upon loaves of bread. Soetsuurdeeg, the rising agent, was made with potato and/or potato peel, sugar and ’n derm (yep, sheep’s or goat’s intestines) and left to ferment before baking the best bread ever. It used to melt in your mouth. Askoek is made by literally placing the dough in the ash to bake.

Ek dank die Vader vir my kinderjare. Wat ’n seëning!

1 aartappel
30 ml (2 e) suiker
5 ml (1 t) sout
5 ertjies (of ’n stukkie rou vleis sonder vet of ’n gedroogde derm)
2,5 kg meel, en ’n bietjie ekstra

Sny aartappel op in ’n glas- of plastiekhouer wat kan seël. Voeg die suiker en sout by. Voeg die ertjies (of vleis of derm) by en bedek met kookwater.

Maak dig toe en sit op ’n warm plek, snoesig in ’n kombers toegedraai. Laat staan oornag om ’n wolkerige wit skuim te vorm.

Voeg die volgende dag ’n bietjie meel by en sit weer in ’n in warm plek of in ’n bak met warm water om verder te gis.

Dreineer die gismengsel en meng met 2,5 kg koekmeel en warm water om ’n slap deeg te maak.

Bak in gesmeerde broodpanne in ’n voorverhitte oond by 180 ˚C tot goudbruin, sowat 40 minute.

Ons oumas en ma’s was die voorlopers van die hedendaagse sourdough loaves. Ons noem dit bakbrood. Dit is niks nuut vir ons wat grootgeword het met dié brode in die buitensoond nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Koe'sister

Koe'sister21 min read
TELL ME A Story
One aim of observing World Poetry Day is to change the perception of poetry as an outdated form of art to one which enables society as a whole to regain and assert its identity. And since Koe'sister is all about komvandaan storytelling, we decided to
Koe'sister3 min readDiet & Nutrition
Let's Break Bread Together
Our mission is to create a space where local food entrepreneurs can access state-of-the-art shared kitchen space and equipment, support services, and learning and networking opportunities. We curate unique culinary experiences, markets and events for
Koe'sister14 min read
16 Ways With Chicken
Hier is die resep waarmee ek en my dogter Nicole gewen het op die eerste episode van My Ma Kook Beter As Joune. Baie dankie aan almal vir die moot boodskappe en gelukwensings. Ons waardeer dit opreg. Asian chicken meatballs simmered in a fragrant coc

Related Books & Audiobooks