Koe'sister

STORY TIME

Author: Jeremy Vearey

O.R. TAMBO INTERNATIONAL AIRPORT: ONE YEAR AFTER THE COVID APOCALYPSE

Random elevator music echo in the domestic departures terminal peppered with nasal-twang announcements about flattening the curve. Airport security, police officers and the occasional passenger, a wide berth in passing. Downcast masked zombies, adrift from the usual horde.

Flickering screens glow in the dark foreboding gloom with announcements of only three flights out for the day. Two to Cape Town and one to Port Elizabeth. I join a few Cape refugees at the Wimpy while PE zombies in designer labels sip lattés at Coffee & Cream. We eye one another for symptoms, ears like sonar for the slightest cough, noses sniffing for the whiff of sanitiser. Only then do we relax.

The music changes. Jerusalema! What kind of sadomasochist plays a song like that at a time like this? I scan the herd. They can’t help it. Feet tap and shoulders jerk while fingers drum. Any moment now they’ll erupt into a barn dance routine.

O wanitwa mos, O wanitwa mos
Master Master KG
Nwane t’amos, Nwane t’amos
Jerusalema, ikhaya lami...
Fuck the curve!
Bring on the apocalypse!

Skrywer: Maritha van Wyk

1. PAMPIER-GJELD

Een hand vol en nog een vinger van die anner hand. Dis hoeveel jare Grietmeid vandag is.

Met haar jersey se een mou vee Grietmeid sommer haar lastige loopneus af. Met die ander hand hou sy haar pampier-gjeld bewonderend in die lig in op.

Laas jaar, toe sy nog net een hand vol se jare was, het sy 10 gjelde gekry vir haar vijaarsdag. Toe het sy gedink dit was baie. Maar jislaaikit, sy het nog nooit haar eie regte egte pampier-gjeld gehad nie.

Grietmeid frommel die gjeld in ’n klein bonneltjie in haar hand want haar rok het nie sakke om dit in die sit nie. Nog ’n slag vee sy haar loopneus af met haar mou.

Dapper durf sy die pad aan, Oom Berend se kafee toe. Wat is die use om pampier-gjeld te kry vir jou vijaarsdag, as jy dit nie kan gebruik nie, dink Grietmeid.

Sy neem ’n langer pad kafee toe, onder by die plaasskool verby, deur die Groenbome, verby Ant Mieta-goed se huis, oor die kalkklippe. Sy kon die korter pad geneem het, maar dan moet sy alle grootmense groet wat op hul voorstoepe sit. Van maniere ken Grietmeid, en sy weet sy mag nie afkyk as sy grootmense sien nie, maar vandag, vandag is sy een volle hand vol plus een vinger van die ander hand en sy het pampier-gjeld en sy wil by die kafee uitkom. Sy sal môre weer vir almal groet.

Grietmeid sien al die pienk winkel. Opgewonde druk sy die sweterige gjeld stywer vas in haar sweterige hand en vee haar loopneus af… weer met haar jersey se mou.

Versigtig trap Grietmeid oor die duwweltjies toe sy deur die kafee se groot hek stap. Met elke tree haal sy nog ’n doring uit haar kaal voete, die gjeld veilig vasgeklem in haar hand.

Uitasem trek sy haarself tot bo-op die hoë kafeestoep. ’n Paar ander kinders sit en wag reeds voor die deur. In een asem kondig hulle aan dat die winkel toe is tot twee-uur.

Teleurgesteld vee Grietmeid haar neus af met haar jersey se mou en gaan sit langs die ander kinders om ’n doring uit haar voet uit te haal.

Moeg gewag, begin die kinders op en af gly op die winkelstoep. Almal xhou-lag van lekker.

Ant Lena, die winkelvrou, beduie bitsig om op te hou raas en sluit die deur oop. Die reuk van Springbok-twak, Sta-soft en lekkers speel wegkruipertjie in Grietmeid se neus. Lekkers, dis wat Grietmeid wil koop.

Geduldig wag sy haar beurt af.

“Ek soek lekkers en Chappies,” spoeg Grietmeid die woorde uit. Die winkelvrou beweeg nie en kyk vir Grietmeid stip aan. Diselfde kyk wat haar ma haar gereeld gee. “Assemblief,” korrigeer Grietmeid haarself.

Grietmeid maak haar natgeswete hand oop
Dis leeg. Soos in niks geld leeg.

Geskok kyk Grietmeid om haar of sy nie haar pampier-gjeld laat val het nie. Intussen het die winkelvrou al die lekkers en Chappies uitgehaal. “Hoeveel se lekkers en Chappies soek jy?” vra sy. “Toemaar, los maar,” sê Grietmeid. Sy kan nie die snot en trane keer nie.

Skrouend stap Grietmeid oor die duwweltjies. Geen doring in haar voet maak so seer soos die seer in haar hart nie. Sy vee haar loopneus af aan haar jersey se een mou en die trane met die ander mou.

Verby Ant Mieta-goed se huis, deur die Groenbome, verby die skool. Trug huis toe.

2. BOELIES MOET VAL

Die laaste periode, die dag is verby. Hoopvol het Grietmeid gewens Hanna sal dié klas dros want dié het hoeka nie ooghare vir die geskiedenis-klas nie. Maar nee, Hanna se oë brand van agter in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Koe'sister

Koe'sister21 min read
TELL ME A Story
One aim of observing World Poetry Day is to change the perception of poetry as an outdated form of art to one which enables society as a whole to regain and assert its identity. And since Koe'sister is all about komvandaan storytelling, we decided to
Koe'sister1 min readPopular Culture & Media Studies
Die Verlosser
Artwork by Daniël Hugo. For more information, visit his Facebook and Instagram pages at @DanielHugoIllustration
Koe'sister8 min read
OOR KRUISE & NUWE PAAS-TRADISIES
Soos dit maar oudergewoonte die geval is, reën dit mos op Paassondag, selfs hier in Benin! Dan dink ek terug aan dié Bybelversie: “Jesus wept”. Dis vir my een van die eenvoudigste maar ook diepgaande verse in die Bybel. Dit bring my altyd tot stilsta

Related Books & Audiobooks