Weg!

Bome en struike van die Kalahari

ENKELVOUDIG OF SAAMGESTELD?

Die bome en struike wat hier beskryf word, het enkelvoudige (links bo), veervormig saamgestelde (middel) of dubbelveervormig saamgestelde blare (onder).

’n Enkelvoudige blaar bestaan uit een onverdeelde blaarskyf, maar kan gelob of ingekeep wees. ’n Veervormig saamgestelde blaar het klein blaartjies wat uit albei kante van die hoofaar vertak terwyl ’n dubbelveervormig saamgestelde blaarskyf twee keer verdeel – elke blaartjie onderverdeel weer in kleiner blaartjies.

Kameeldoring

Vachellia erioloba

Waar kan ek die boom sien? Die kameeldoring groei in diep, sanderige grond, maar veral in die spoelgrond langs droë rivierlope.

Dis nogal volop in die noordelike dele van die park.

Hoe ken ek die boom uit? Dis ’n groot (tot 12 m hoog), wydspreidende doringboom met ruwe swartbruin bas.

Daar is dikwels groot versamelvoëlneste in die takke. Die boom se groot grys peule in die somer en herfs is kenmerkend.

KYK FYN

Blare Dubbelveervormig saamgestelde blare en die blaarstele het geen kliere nie.

Blomme Die bolvormige goudgeel hofies is opvallend in die somer.

Die peule is vaal,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om
Weg2 min read
Rol Met ’n Groot Kanon
Die dae is getel waar mense ’n “nie sleg nie, maar onthou waar hulle gebou is”-etiket aan enige nuwe Chinese motor kon hang. Dit verdien om in die mis van tyd te verdwyn, op dieselfde manier as wat die Japannese en Koreaanse motorvervaardigers al dek
Weg6 min read
Briewe
Ek het hierdie vier witrenosters vroeg een oggend in die suidelike dele van die Krugerwildtuin teëgekom. Ek het gehou van hoe die son die haartjies op hulle ore vang (die renostervoël maak dit ekstra interessant) en hoe mooi hulle in die sagte lig ly