Landbouweekblad

Vleisbeesbedryf kan R8,3 miljard méér verdien

Die Suid-Afrikaanse vleisbedryf se toekoms lyk rooskleurig, luidens die jongste verslag van die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP), wat gestig is om ingeligte vooruitskouings van verskillende landboubedrywe te maak en noukeurige politieke en sakebesluite moontlik te maak.

BFAP het saam met die nasionale landboubemarkingsraad en die sentrum vir mededinging, regulering en ekonomiese ontwikkeling na die lewendehawebedryf se waardeketting gekyk.

Dié sektor se bydrae tot die bruto waarde van landbouproduksie beloop byna 50%. Die ontsluiting en versnelling van inklusiewe groei sal ’n goed gekoördineerde strategie verg, met ingryping in dieregesondheid, mededingendheid en marktoegang.

VOORDELE VAN BETER MARKTOEGANG

’n Doeltreffende stelsel vir dieregesondheid en identifikasie is belangrik. Breër, gunstiger marktoegang sal mededingendheid verbeter, ’n toename in produktiwiteit steun en boere in die informele sektor help om hul bydrae tot die totale produksie te laat groei.

Die beesbedryf se bydrae van 12% is die naasgrootste tot die landboumandjie. Sy bruto nasionale produk het die afgelope dekade met gemiddeld 10%

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; pos: lbw@landbou.com WENBRIEF Vir die eerste keer sedert ek 25 jaar gelede na Pretoria verhuis het, het ek ’n groot, swart en stekelrige ruspe gekry wat my kiepersolboom se blare vreet. Eers toe enkeles van hulle uit die b
Landbouweekblad3 min read
Wysig Bestaande Trustakte Só
Trusts is dikwels ’n groot deel van ’n persoon se boedelbeplanning. Dit word onder meer gebruik as ’n hulpmiddel vir opvolgbeplanning in ’n boerdery, vir die beskerming van bates vir minderjariges en ander erfgename, asook vir risiko- en belastingbep
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.