SA Hunter/Jagter

DIE HERLAAI VAN HAELPATRONE – DEEL 1

Die eerste vraag wat ontstaan is: Om watter rede sal ’n mens haelpatrone wil herlaai? Gesprekke met medeskieters op die kleibaan asook in die jagveld, lewer gewoonlik interessante antwoorde op. Motiverings wissel van kostebesparing tot die ontwikkeling van ladings vir spesifieke gewere. Skaarsheid van patrone vir sekere kalibers en “ek hou van herlaai” word ook aangevoer. Laasgenoemde redes is ’n kombinasie van die afhanklikheid van groothandelvoorsiening en die tevredenheid om jou “eie te rol”, wat seker ook terapeutiese waarde het omdat jy iets self vervaardig, asook die herhalende aksies wat daarmee gepaard gaan.

Indien ons kostes in ag neem, moet ons die plaaslike beskikbaarheid van komponente in berekening bring, asook die uiteindelike koste per patroon, wat sal afhang van hoeveel moeite ’n mens bereid is om te doen, of jy hael kan aankoop, en of jy bereid is om self hael te maak. Dit kan geweldige besparings meebring (maar dit is die onderwerp van ’n ander artikel).

Ek het ondersoek gedoen na die verskillende opsies. As ek vandag by een van die groot geweerwinkels in my geweste instap en ’n blik ingevoerde dryfmiddel, slagdoppe, plastiekpluisies en hael van een van die klein plaaslike vervaardigers teen R40 per kilogram aanskaf, sal my herlaaide 28 gram 12 boor-patrone meer as R4 ’n stuk kos. Plaaslike S121-kruit en tuisgemaakte hael kan die prys verminder tot naastenby R3 per patroon. Fabriekspatrone is steeds beskikbaar teen ongeveer R1 600 per kas vir 250. Dit is dus moeilik om herlaai te regverdig as tyd, toe-rusting en moeite ook in berekening gebring moet word. Tensy ’n mens bereid is om in grootmaat komponente aan te skaf en te stoor, verander die prentjie oor tyd deurdat inflasie, die wisselkoers, ensovoorts ons bekruip. Byvoorbeeld, pluisies wat ek in die middel 1990’s (vorige eeu) gekoop het, het my sente gekos – so ook hael, wat ons destyds by SP as fabriekshael kon bestel teen

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter6 min read
The Covid Project
I have been tinkering with the workings of firearms for as long as I can remember – much of it without my dad’s knowledge of the fact that I had made a key for his safe! This systematically developed into an eye for perfection and trying to fill the
SA Hunter/Jagter5 min read
Voorbereiding Vir Die Jagseisoen
Die belangrikste toerusting vir enige jag is kortliks ’n geweer, ammunisie, teleskoop, verkyker, jagskoene, messe en ’n skietstok. Die heel belangrikste hier-van is beslis jou geweer en/of selfs jou boog. As jy ’n jaar gelede jou geweer in die hoek v
SA Hunter/Jagter7 min read
DIE 6mm CREEDMOOR IN DIE JAGVELD
My eerste ondervinding met ’n 6mm-kalibergeweer in die jagveld was ongeveer 30 jaar gelede. Ek en my vrou was onderweg na ons huis in Mosselbaai ná ’n besoek aan ’n taksidermis in Tarkastad. Op pad terug deur die pragtige Baviaansriviervallei het ons

Related