Huisgenoot

’N ANDERSTER OLIMPIESE SPELE

DINK maar aan jou gunstelingoomblikke by die Olimpiese Spele: Wayde van Niekerk wat almal in 2016 na hul asem laat snak. Chad le Clos en Cameron van der Burgh wat in 2012 hul goue medaljes losswem. Penny Heyns se dubbele sege in 1996. Die kans is goed een van die dinge wat jou hoendervel gegee het, was om te hoor hoe ’n magtige internasionale skare van blydskap dreun wanneer ons atlete die gesogste medaljes voor die toeskouers se oë verower.

Maar hoe nou? Oor vier maande is dit tyd vir die eerste Olimpiese Spele van die coronaviruskrisis-era. Gaan ’n doodse stilte op die leë paviljoene heers? Gaan die atlete se families hulle voor die wedloop oor Zoom of WhatsApp moet aanmoedig? Die jongste Spele is reeds met ’n jaar uitgestel nadat die organiseerders besluit het die aanvanklike begindatum van 24 Julie 2020 – reg in die middel van die eerste golf van covid-19 – sou te gevaarlik wees. Sedertdien was almal op hete kole oor wanneer hulle kans sal kry om dié hoogtepunt op die internasionale

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe