Landbouweekblad

VEILINGS

MOORREESBURG / HEREFORD / R480 000

’n Suid-Afrikaanse rekordprys van R480 000 vir ’n Herefordbul is op die 35ste Swartlandse veeboereveiling op die plaas Bossiesvlei, Moorreesburg, behaal. Die veiling se omset was R3 048 000. Mnr. Lodewyk Fourie van Schweizer-Reneke het die bul Babilon (WDW17083, ) van mnr. Philip de Waal se Locheim-stoetery (Willem de Waal-boerdery) gekoop. De Waal het aan gesê die bul het uitsonderlike diepte, ’n donker haarkleed, goeie pigment, kort skede, bruin testes en uitsonderlike breedte. “Babilon dra baie vleis en het baie goeie balans. Hy het sterk bene en kootgewrigte met goeie kloudiepte, asook baie goeie spierdefinisie. Hy beweeg ongelooflik gemaklik. Babilon se stamboom is indrukwekkend en sy moeder is een van die beste teelkoeie in die Locheim-stoetery. Hy is die ” Die hoogste gemiddelde pryse was soos volg: R85 750 vir Herefordbulle, R44 800 vir swart Angusbulle, R43 428 vir Simmentalerbulle en R31 250 vir Herefordkoeie met kalwers. GWK het die veiling aangebied en die afslaer was mnr. Theuns Visser.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Druiwepulp By Voer Vir Melkbeeste Lei Tot Minder Metaangasvrystellings
Navorsers in Kalifornië, Amerika, het bevind as druiwepitte, -stingels en -doppe by melkbeesrantsoene gevoeg word, kan Holstein-beeste se metaangasvrystellings met 10-11% verlaag word. Die loodsnavorsingsprojek het ook bevind dat voerdoeltreffendheid
Landbouweekblad4 min read
Onstuimige Tyd Wag Op Landbou In SA
DIE kernboodskap van verskeie sprekers op die kunsmisvereniging van Suid-Afrika (Fertasa) se kongres by Muldersdrift was dat daar moeilike tye vir die landbou voorlê, maar dat daar groot vertroue in die sektor is om dit te kan baasraak. “Daar is baie
Landbouweekblad1 min read
Grondherstel Kan Help Om Siektes Te Onderdruk
SEKERE grond het ’n inherente vermoë om wortelsiektes te onderdruk, dog wetenskaplikes kon nog nie vasstel watter grond dit kan vermag of hoe bestuurspraktyke die onderdrukking van siektes kan ondersteun nie. Navorsers aan universiteite in China, Spa