Landbouweekblad

BRIEWE

HIEROM IS PRYS VAN LAMSVLEIS STEEDS HOOG

Prof. Johan Willemse se rubriek “Skaapvleispryse bly styg, maar wol sukkel nog” (L BW , 8 Oktober 2020) het be-trekking. Ek wil graag die volgende insette lewer en die situasie in die Wes-Kaap met betrekking tot veeproduksie in oënskou neem.

Die enigste ware syfers wat betrokkenes vandag in die Suid-Afrikaanse skaap- en beesvleisbedryf het om te gebruik, is die slagsyfers van die formele abattoirs op grond van hul oorbetalings van statutêre heffings.

Hierdie syfers moet egter nooit gesien word as aanwysers van die produksie van vleis per provinsie nie (my mening). Daar moet eerder gekyk word na die bron vanwaar daardie syfers genereer word, naamlik veegetalle per provinsie (primêre produsente).

Die akkuraatheid van veegetalle per provinsie het oor die jare geleidelik verswak sedert die verdwyning van die Vleisraad. (Alle boere moes jaarliks hul veegetalle volledig deurgee om in aanmerking te kom vir bemarking by die sogenoemde beheergebied-abattoirs wat sentraal in elke provinsie gevestig

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
Druiwepulp By Voer Vir Melkbeeste Lei Tot Minder Metaangasvrystellings
Navorsers in Kalifornië, Amerika, het bevind as druiwepitte, -stingels en -doppe by melkbeesrantsoene gevoeg word, kan Holstein-beeste se metaangasvrystellings met 10-11% verlaag word. Die loodsnavorsingsprojek het ook bevind dat voerdoeltreffendheid
Landbouweekblad4 min read
Onstuimige Tyd Wag Op Landbou In SA
DIE kernboodskap van verskeie sprekers op die kunsmisvereniging van Suid-Afrika (Fertasa) se kongres by Muldersdrift was dat daar moeilike tye vir die landbou voorlê, maar dat daar groot vertroue in die sektor is om dit te kan baasraak. “Daar is baie
Landbouweekblad1 min read
Grondherstel Kan Help Om Siektes Te Onderdruk
SEKERE grond het ’n inherente vermoë om wortelsiektes te onderdruk, dog wetenskaplikes kon nog nie vasstel watter grond dit kan vermag of hoe bestuurspraktyke die onderdrukking van siektes kan ondersteun nie. Navorsers aan universiteite in China, Spa