Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

DIE GROOTSTE BEURSIES

ie afgelope twee weke se rekordveilingspryse wys duidelik die groot vraag na goeie teeltmateriaal. Op die 22ste produksieveiling van mnr. Lukas Burger van die plaas Rietfontein in die distrik Griekwastad is R375 000 vir dié Boerbokram, Klein Booster, betaal. By hom is van links mnr. Deon Klopper (afslaer), me. Riekie de Witt en mnr. Lukas Burger, die verkopers. Lees meer by. In dieselfde week het twee bulle op die Santa Select-veiling op die plaas Joubertsrus by Sannieshof in Noordwes die R200 000-merk behaal, uit 35 manlike en 40 vroulike diere van 10 telers. Die Herefordbul WDW 17-83 van Locheim Herefords van mnr. Philip de Waal by Moorreesburg is op die Swartland Veeboere-veiling vir ’n rekordprys van R480 000 verkoop, en die Simmentaler Vooruitzicht Rudolf JH1636 van mnr. Jan van Biljon van Vergeleë is op die 3 van die Bestes Simmentalerveiling op Coligny vir R420 000 verkoop.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh