Landbouweekblad

GRONDSUURHEID Só werk optimale gebruik van kalk, gips teen suur grond

Kalk en gips is twee produkte waarvan die chemiese samestelling én hul uitwerking op grond baie verskil.

In landboukonteks verwys kalk na enige produk waarvan die kalsium- en magnesiumverbindings grondsuurheid kan neutraliseer. Kalsium- en magnesiumkarbonaat word die wydste hiervoor gebruik. Dolomitiese kalk bevat minstens 15% magnesiumkarbonaat, terwyl kalsitiese kalk minder as dit bevat.

Buiten natuurlike karbonate word verskeie neweprodukte van nywerheidsprosesse dikwels as kalktoedieningsprodukte gebruik. Dit sluit in kalsiumoksied (ongebluste of gebrande kalk), kalsiumhidroksied (gebluste kalk) en kalsiumsilikaat (slak of Engels slag).

Gips, aan die ander kant, is kalsiumsulfaat, ’n neutrale sout. Dis ’n waardevolle kalsiumen swaelbevattende misstof en baie meer oplosbaar as kalk. Dit loog ook maklik in die ondergrond in, en in hoogs verweerde (natuurlike suur) grond verplaas

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh