Rapport

’n Kragtoer van die gode

Gister was 11 April. Sewe-entwintig jaar gelede, in 1993, het einste 11de op ’n Sondag geval. Die Europese Grand Prix te Donington is op daardie dag in snerpende koue en nat omstandighede oor 76 rondtes, oftewel 305 km, van absolute hel beslis, al het die Engelse Middellande soos ’n yskas gevoel.

Hoë snelhede in swak lig met nog swakker sig as gevolg van die sproei wat deur sovele breë renbande teen spoed opgeskop word, en dit op ’n glibberige baan met onvoorspelbare greep, plus periodieke reënbuie van onewe intensiteit en vele kuipestoppe om tussen reënbande en oorgangsrubber te wissel, was niemand se idee van ’n vroeë Shakesperiaanse somersdag nie.

Inderwaarheid was dit ’n skrikwekkende vooruitsig.

Behalwe vir een man: Ayrton Senna.

Krag-agterstand

In 1993, sien, was Senna se span, McLaren, skielik in die moeilikheid met enjins nadat Honda onverwags weens ’n wêreldwye resessie uit F1 onttrek het. Die ideaal vir McLaren-spanbaas Ron Dennis sou gewees het om ’n kontrak met Renault te teken, sodat Neil Oatley se nuwe McLaren MP4/8 deur die Franse se allesoorheersende V10-juweel aangevuur kon word.

Maar helaas! Frank Williams se span had ’n waterdigte kontrak met Renault en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Dié ‘Raponsie’ Lugtig Vir ’n Skêr
Sedert haar hare kort geknip is in gr. 1 weier Danya Zwiegelaar van Wellington om haar Raponsie-agtige lokke weer te sny. Haar ma, Yolanda, sê sy het soos ’n seuntjie gelyk met die kort hare en nou, byna ’n dekade later, hang dit 134 cm en verby haar
Rapport2 min read
Hou Kop – Deur By Die Harde, Koue Feite Te Hou
’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlo
Rapport1 min read
Pasop Vir Fopnuus
Van die boodskappe en video’s wat gemoedere in brandgeteisterde dele van die land onnodig opjaag sluit in: ■ ’n Video van kinders wat in ’n stuk droë veld hardloop wat hulle klaarblyklik aan die brand gesteek het. ’n Man-stem sê: “Kyk die bogghers wa