Rapport

2012-triomf se goue lesse

Herleef die toernooi vandag vanaf 11:20 op SS 2 en SS 13.

Dawie Theron het al in 2012, toe Handré Pollard as ’n skoolseun van Paarl Gimnasium die Junior Bokke gehelp het om die Baby Blacks 22-16 in die eindstryd van die Junior Wêreldtoernooi in die Kaap te klop, geweet hy is bestem om eendag die Wêreldbeker omhoog te hou.

“Baie mense het al vergeet dat ons Handré in 2012 van die skoolbanke gaan haal het,” het Theron, wat destyds die Junior Bokke se hoofafrigter was, aan Rapport gesê.

Oor Pollard se insluiting in die Junior Bok-groep vertel Theron: “Ons moes eers oor verskeie hekkies kom voordat Handré vir ons kon speel.

“Ons moes sy ouers, sy skool en SA Rugby se goedkeuring kry. Boonop moes hy ook nog die Boksmart-toetse aflê.

“Hy was baie stil toe hy hom by ons aangesluit het, maar het maklik ingeskakel. ’n Mens kon dadelik sy talent raaksien. Hy was fenomenaal.

“In 2014 was hy op sy beste en is hy welverdiend as die Speler van die Toernooi aangewys. Hy was werklik uitstekend in daardie toernooi.”

Pollard is een van sewe spelers van Theron se Klas van 2012 wat later vir die Springbokke gespeel het.

Hy, Pieter-Steph du Toit en Steven Kitshoff tel onder meer onder van die Bokke se helde in die verowering van die Wêreldbeker verlede jaar in Japan.

Pollard se skopskoen was veral rooiwarm in die kragmetings met Japan, Wallis en Engeland, terwyl Du Toit as Wêreldrugby én SA Rugby se

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rapport

Rapport2 min read
Hou Kop – Deur By Die Harde, Koue Feite Te Hou
’n Jong boer word by Paul Roux in die Vrystaat vermoor. Ons kollektiewe spanningsvlak skiet op na 7 uit 10. Die EFF dreig met “aanvalle” op wit boere by die moordverdagtes se tweede verskyning. Spanningsvlak: 8. Later lei die EFF-leier Mbuyiseni Ndlo
Rapport3 min read
ANC Swaai Om Oor Verdagte Lede
Presies agt weke nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het ANC-lede wat aangekla is van korrupsie mag vir geen regeringspos oorweeg word nie, het die party dié besluit herroep. Groot opwinding het geheers toe Ramaphosa op Maandag 31 Augustus in ’n
Rapport5 min read
China Wil Vrede Maak
Gert Grobler. Met die Amerikaanse presidentsverkiesing om die draai, woed pres. Donald Trump en sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, se aanslag teen China voort. Die aanslag word gekenmerk deur die idee dat ekonomiese en tegnologiese band