Landbouweekblad

Volhoubare gewasproduksie verg groter aandag

Die hoofdoelwit by gewasverbouing is om ’n produktiewe gewas winsgewend te verbou. Die produktiwiteit van gewasse word in ’n groot mate deur verbouingsinsette bepaal.

Die verfyning van kennis oor die spesifieke behoeftes van ’n gewas laat die produsent toe om die gewas optimaal te verbou. Veral die akkurate toediening van voedingstowwe lewer ’n belangrike bydrae tot die mate waartoe ’n gewas sy genetiese opbrengspotensiaal sal bereik.

In die huidige omstandighede ontstaan die vraag of alles moontlik reeds gedoen word om gewasse se volle genetiese potensiaal te bereik en of daar nog verbeter kan word.

Tans is ondersteuning aan gewasverbouing vanaf onderliggende vakgebiede taamlik gesegmenteerd. Insette met betrekking tot grond, voeding, besproeiing en gewasbeskerming word deur onverwante diensverskaffers aan ’n produsent gelewer.

Die werklikheid is egter dat die gewasverbouingstelsel geïntegreerd is en dat ál die genoemde elemente interaksie met mekaar het. So is plante wat aan langdurige nat grondtoestande blootgestel word, meer geneig om sekere grondgedraagde siektes te kry. Siektebekamping kan dan nie net op die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; pos: lbw@landbou.com WENBRIEF Vir die eerste keer sedert ek 25 jaar gelede na Pretoria verhuis het, het ek ’n groot, swart en stekelrige ruspe gekry wat my kiepersolboom se blare vreet. Eers toe enkeles van hulle uit die b
Landbouweekblad3 min read
Wysig Bestaande Trustakte Só
Trusts is dikwels ’n groot deel van ’n persoon se boedelbeplanning. Dit word onder meer gebruik as ’n hulpmiddel vir opvolgbeplanning in ’n boerdery, vir die beskerming van bates vir minderjariges en ander erfgename, asook vir risiko- en belastingbep
Landbouweekblad1 min read
Kleinveepryse Styg
Pryse is meestal stabiel. Kleinveepryse het taamlik verbeter danksy aankope vir Moslem- godsdienstige feeste. BKB verskaf die Wes-Kaapse pryse. Besoek vleisprys.co.za vir Noord-Vrystaatse pryse.

Related