My Eerste Buffel
May 20, 2019
4 minutes
deur DAWIE STRAUSS
OP DIE VIERDE dag van ons jag vanuit G-kamp langs die Zambezirivier, Zimbabwe, was Ben, Morkel, Braam en ek reeds om kwart voor vyf die oggend in die jagveld. Net suid van die berg Phumbi, wat ʼn landmerk in hierdie jaggebied is, het ons die eerste vars enkel-buffelspoor te sien gekry. Ek het oorgeloop van opgewondenheid omdat dit die eerste tekens van buffels op die jag was. Dit was my beurt om te jag, die ander manne het reeds hul kans gehad. Ons was egter nog redelik onsuksesvol. Braam het wel ʼn rantsoen rooibok in die vloedvlakte van die Musambwarivier vir die gidse geskiet, maar verder was die droograkke nog leeg.
Sam, ons spoorsnyer, en Kramer, die parkeraad se gids,
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days