Idees

KRISMIS-MOOI

Kry jou hekelpen en wol en skep ’n Kerstafel met towermooi versierings en ander verrassings

Skep die prentjie

Ons het die koelwit kleur van sneeu vir ons agtergrond gekies en dit met titsels pienk, groen en blou ingekleur. Swart gee definisie. Bokant die tafel het ons met tou ’n stok uit die plafon gehang waaraan ons ’n mengelmoes van sterre en balle vasgebind het. Die stoele is met oumablokkieoortreksels en die tafel met handgemaakte servetringe en klappers getooi. Om die feestelike prentjie af te rond het ons oral feëliggies gehang en elke kers in die huis aangesteek.

TAFELVERSIERINGS

Trek jou tafel oor met grafiekpapier wat vergroot en op A1-velle wit papier uitgedruk is. Vou ’n gewone Kersklapper oop en trek die buitelyne na op ons kreatiewe papier op hierdie blaaie. Knip vir elke gas ’n servetring uit swart karton volgens die patroon op bladsy 62. Vou die strook om die servet en skuif die twee helftes van die boompie inmekaar om ’n Kersboom-servetring te vorm.

MODERNE KERSBOOM

Koop ’n draadboom of laat sweis een wat jy elke Kersfees nuut kan versier om by jou dekor te pas. Vanjaar is ons boom met handgemaakte papiersterre, pompoms en blink en hekelballe getooi.

PAPIERLAMP

Hierdie staanlamp sal fraai beligting en ekstra atmosfeer skep in jou

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Op ‘N Wolk
‘N PAAR DINGE OM TE ONTHOU: ❃ Die verhouding is eenvoudig: Weeg die eierwit, verdubbel die gewig vir die suiker en halveer dit vir die water. As jy dié verhouding onthou, kan jy enige hoeveelheid maak. ❃ Metaal- of glasbakke werk die beste. ❃ Vee die
Idees1 min read
Blokkie Blom
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 8 uur ♥ denimmateriaal ♥ borduurgare ♥ borduurnaald ♥ borduurring ♥ skerp skêrtjie 1 Ons het blomme na willekeur sonder 'n vaste ontwerp op die denimmateriaal geborduur. 2 Die madeliefies is met satynsteek gedoen en Fra
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif