SA Hunter/Jagter

DIE LEICA EN KESTRELKOMBINASIE

Langafstandskiet is deesdae ’n tydverdryf wat selfs vir die grootste (aanvanklike) teenstanders daarvan baie genot verskaf en ook baie bydra tot beter skietkennis en -vaardigheid. Hierdie skietdissipline is moeilik en verg gedissiplineerde oefening, behoorlike kennis van jou toerusting en ’n fyn aanvoeling vir omgewingstoestande. Dan kry jy koeël en teiken bymekaar gebring.

’n Goeie geweer, behoorlik getoetste lading, ’n koeël met hoë BC en ’n top-teleskoop help baie, maar die regte data met betrekking tot die korrekte afstand en al die atmosferiese kondisies aanwesig, bepaal die verskil tussen sukses of ’n misskoot. Langafstandskuts maak intensief gebruik van afstandmeters en “weerstasies” (klein draagbare instrumente) om die nodige inligting vinnig en akkuraat te bekom sodat hulle hul teleskope vinnig kan verstel om treffers te skiet.

Ian Hardie van TudorTech, die plaaslike agent vir Leica, en Kestrel, het ’n Leica-afstandmeter en Kestrel-weerstasie beskikbaar gestel wat ek kon toets. Beide is nuwe produkte met unieke funksies. In Julie 2019 het ek dus Leica se CFR com-afstandmeter en die Kestrel 5700 ELITE W/LINK-draagbare weerstasie getoets tydens ons jaarlikse langafstandjag naby Kakamas. Ek gaan eers die twee produkte afsonderlik bespreek en daarna die werking tussen dié twee en die ballistiese toe-passing op jou slimfoon.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter1 min read
About Our Cover...
The large-calibre British double rifle has always been a favourite weapon for dangerous game such as buffalo and elephant. They are still manufactured in small num- bers by a few rifle makers in Britain, Western Europe and elsewhere, and are very muc
SA Hunter/Jagter5 min read
Voorbereiding Vir Die Jagseisoen
Die belangrikste toerusting vir enige jag is kortliks ’n geweer, ammunisie, teleskoop, verkyker, jagskoene, messe en ’n skietstok. Die heel belangrikste hier-van is beslis jou geweer en/of selfs jou boog. As jy ’n jaar gelede jou geweer in die hoek v
SA Hunter/Jagter3 min read
Hodgdon’s Perfect pattern Powder
As many readers are aware, the price of shotgun cartridges is rocketing skywards for a variety of reasons, and handloading is becoming a more attractive proposition for South African shotgunners. This, however, creates a new set of problems: how to f

Related Books & Audiobooks