SA Hunter/Jagter

OU KOEVOET

’n Groot deel van die wêreld se geskiedenis is met gewere geskryf. In Suid-Afrika is verskeie voorlaaiers, later die Martini-Henry, die 7x57 Mauser en ook die Lee-Enfield .303’s gebruik. In Amerika was dit Winchester se hefboomaksies (lever-actions) en die legendariese Sharps Long Rifle wat die wilde kontinent mak geskiet het. Die lever-action was die “gun that won the west” maar die Sharps se betroubaarheid en akkuraatheid was “the gun that made the West safe...”.

’N LEGENDE WORD GEBORE

Op 12 September 1848 ontvang Christian Sharps die patent vir sy geweer met ’n falling breechblock-aksie en in dieselfde jaar sluit hy ’n kontrak met A.S. Nippes of Mill Creek en produseer die eerste model (1849) Sharps. Alhoewel hierdie geweer ’n breech-loader was en dus nie ’n voorlaaier nie, moes die projektiel en swartkruit nog steeds individueel gelaai word, waarna die kruit deur ’n Maynard-tipe slagdoppie ontsteek is wat met ’n eksterne haan geslaan is. Alhoewel nog redelik primitief, was die breech-loader ’n aansienlike verbetering op die voorlaaiers van daardie tyd.

Tot en met 1881, toe die laaste geweer deur The Sharps Rifle Company gemaak is (1878-model) het ’n groot verskeidenheid modelle die lig gesien. Elkeen het gespog met sy eie veranderinge, verbeteringe en unieke eienskappe maar die model wat by verre die gewildste was, en ook die onderwerp van hierdie artikel, was die 1874 Sharps.

In die 28 jaar sedert die maak van die eerste model, het die geweer se voorkoms verbasend min verander. Dit het steeds die valblokaksie en eksterne haan gehad, maar kon ten volle gelaaide patrone (kruit enom loodsmeer in die loop te verhoed en te verseker dat die koeël die groewe neem.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter5 min read
Die Kwêvoël
Ek lê aan vir die trefskoot. My vinger span om die sneller en my asem word ’n fluistering in die Bosveld se stilte. My oë is skerp gefokus, maar voor ek kan vuur, word die rustige atmosfeer deur ’n skie-like skreeu verbreek: “Kwê!” Die koedoe verstar
SA Hunter/Jagter1 min read
Bokspog
GEBORG DEUR: Stevenson Hamilton Die wenner van hierdie maand se Bokspog, Ettiene Erasmus, wen ’n produk beskikbaar op Stevenson Hamilton se webtuiste www.stevenson-hamilton.co.za ter waarde van R1 000. Baie geluk, Ettiene! Om jou prys te eis, stu
SA Hunter/Jagter8 min read
Ons Eie Besonderse BERGBOKKIES
Terwyl ons voor die warm antrasietstofie sit, het ek gehoor oom George kry toestemming by my pa, oom Lawry, dat ek en neef Walter ’n draai kon stap vir ’n ribbok nadat ons die merinoooie en -lammers in die ou waenhuis gaan toemaak het vir die verwagt

Related