Weg!

MENSE SE LENSE

LINDA MARAIS

Canon PowerShot SX120IS

LINDA SKRYF: Ek woon op Kleinemonde in die Oos-Kaap. My buurvrou het mooi rose in die tuin, en dis waar ek dié blombidsprinkaan gesien het. Dis ’n nimf, met fop-oë op die vlerke om roofdiere af te skrik.

SHELLEY SÊ: Interessant! Die insek is só perfek gekamoefleer dat die meeste van ons hom nie sou raaksien nie – gelukkig kyk Linda fyn.

Kontras is hier belangrik: Die pienk roos kontrasteer mooi met die groen agtergrond en die stekelrige tekstuur van die insek kontrasteer met die sagte blomblare. Linda het die foto uit ’n lae hoek geneem; dus word die insek se vorm perfek uitgebeeld.

As sy die foto van bo af geneem het met die roosblare as agtergrond, sou die gogga nie so duidelik gewees het nie... Kamoefleer is immers hulle stokperdjie!

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Stap Hier
In die Langeberg buite Swellendam hou die sogenaamde uurkoppe oor die dorp wag. Dié vier prominente kruine – Tienuur-, Elfuur-, Twaalf- en Eenuurkop – reik almal tussen 1 100 m en 1 450 m die lug in. Volgens oorlewering het transportryers wat met vra
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en
Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit