Lise Swart het bekendheid verwerf as agtergrondsangeres vir onder andere Anton Goosen, en as aanbieder van die kookprogram Roer! (KykNET en SABC3), die musiekprogram Pitstop (SABC2...view moreLise Swart het bekendheid verwerf as agtergrondsangeres vir onder andere Anton Goosen, en as aanbieder van die kookprogram Roer! (KykNET en SABC3), die musiekprogram Pitstop (SABC2) en die tydskrifprogram Kwêla (KykNET). Haar ondervinding as assistent by 'n rehabilitasiesentrum in Londen (2001-2003) ná haar Drama-studie aan die Universiteit van Stellenbosch, het haar laat besef dat sy graag met mense wil werk en 'n bydrae wil lewer tot die bevordering van geestesgesondheid in Suid-Afrika. In Desember 2011 het sy en Louis Awerbuck verloof geraak en in Januarie 2012 is haar droom om 'n verskil te maak bewaarheid toe sy haar eie produksiemaatskappy, Saartjie Produksies, gestig het en kort daarna begin het met die vervaardiging, redigering en aanbieding van die nou reeds gewilde RSG-program Wie is ek? - met Louis en Lise.view less