Die Tuinier Tydskrif

WAT OM IN ’n reëntuin TE PLANT

In hedendaagse voorstede met nuutgeboude huise, het die buitelugtoebehore (behalwe sonpanele op dakke om krag op te wek), deurlaatbare plaveisel in opritte geword om besoedelingstowwe uit stormwater te filtreer en om dit in die grond daaronder te laat wegsak; en watertenks om reënwater vir huishoudelike en tuingebruik te oes – albei laasgenoemde is prysenswaardige maatreëls om goeie waterbestuur in‘n woonbuurt toe te pas.

Maar, ná ‘n goeie ou donderstorm en swaar reënbui, sal daar altyd plasse staande water wees (wat soms in moerasagtige plekke verander), veroorsaak deur afloop van oppervlaktes soos patio’s, dakke, geplaveide areas en selfs grasperke. As dit nie binne 24 uur na ‘n storm gedreineer het nie, kan dit ‘n probleem vir strukture of ondergrondse dienste veroorsaak.

Dit is dus tot jou voordeel om sulke gebiede te identifiseer en dit in areas van skoonheid en waarde te omskep, asook om ‘n natuurlike dreineringstelsel te skep deur ‘n reëntuin aan te lê.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif4 min read
Geen Spogvertoning SONDER GRYS Nie!
Die kleur grys word oor die algemeen as ʼn neutrale of achromatiese kleur omskryf wat gewoonlik met onverskilligheid, onsekerheid, beskeidenheid en verveeldheid verbind word, en is oënskynlik nie ʼn gunstelingkleur as dit met ander kleure vergelyk word
Die Tuinier Tydskrif2 min read
Welkom
Alles wat ons in ‘n immerveranderende wêreld beleef, soos om ‘n nuwe struik of boom te plant, ‘n nuwe lid van die gesin te kry (hetsy mens of troeteldier of dalk albei), het ‘n impak op ons daaglikse roetine. Veranderinge sorg soms vir moeilike tye.
Die Tuinier Tydskrif1 min read
Die Tuinier Tydskrif
Redakteur Tanya Visser Assistentredakteur Anna Celliers Proses-en Bedryfsbestuurder Cindy May Wang Artikelredakteur Wendy Moulton Redaksionele koördineerder Vivienne van Biljon Teksredakteur Dinnie Gildenhuys Ontwerp Gillian O’Donoghue, Wendy Moulton