LET WEL: As jy hulp met die projek nodig het, besoek gerus Drops Design se webtuiste by garnstudio.com. Tik die patroonnommer, DROPS 177-1, in en gaan na ‘Tips & Help’.
Die breidraad wat vir die sak gebruik is, is Drops Safran, 'n vierdraadbreidraad van 100% katoen, in 50 g-bolle van omtrent 160 m elk.
GROOTTE
Omtrek: omtrent 80 cm
Hoogte: omtrent 34 cm
JY BENODIG
♥ Drops Safran-4-draad van Garnstudio: – 200 g in kleur 17, White – 150 – 100 g in kleur 05, Light Blue Purple ♥ 3,5 mm-hekelpen ♥ tapisserienaald