Die Tuinier Tydskrif

Elegante SWAARDLELIES

Maak só

• Kies ʼn plek in volson agterin blombeddings.• Maak seker die grond dreineer goed met ingewerkte kompos om daarvan ʼn• Plant gerokte knolle 3 cm diep en 15 cm uitmekaar met die punt na bo.• Maak elke drie tot vier dae nat en maak seker die knolle droog nie te veel uit wanneer hulle begin groei nie. Maak matig nat na hulle volwasse is.• Indien wind later kan pla, plant stutte tydens plant om te keer dat die plante omval.• Voeg ʼn deklaag by om vog te help behou. • Wanneer al die blomme aan ʼn stingel dood is, sny dit na aan die grond af om nuwe blomme aan te moedig.• Sodra die swaardlelies klaar geblom het, kan hulle uitgehaal en gebêre word of vir die volgende seisoen in die grond bly as jou klimaat nie te koud is nie. Julie is die beste tyd hiervoor sodra die plante heeltemal teruggesterf het. Haal die gerokte knolle versigtig uit en sny die stingels ongeveer 5 cm bo die gerokte knol af. Skud al die grond af en laat hulle ʼn paar dae uitdroog. Bestuif met ʼn swamdoder en bêre in papierof uiesakkies op ʼn koel droë plek tot planttyd.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Die Tuinier Tydskrif

Die Tuinier Tydskrif2 min read
Probleemoplossing
V. Hoekom het ek lelike knoppe op my suurlemoenboom se blare? A. ‘n Plaag genaamd sitrusilla is verantwoordelik vir die onooglike knoppe op die blare van suurlemoene. Dit word veroorsaak deur die jong nimfe wanneer hulle uitbroei en begin vreet. Dit
Die Tuinier Tydskrif4 min read
In Die Tuin Saam Met Tanya
Redakteur en TVgasheer Tanya Visser sal jou help om die meeste uit herfstuinmaak te haal. Kom ons sluit hierdie maand by haar aan in die tuin. In reënerige gebiede is dit’n goeie idee om ’n kraag van skerp gruis of grint rondom jou spesiale vetplante
Die Tuinier Tydskrif1 min read
Plantgalery
Cotyledon orbiculata (varkoor) is ‘n bekende tuinplant en ‘n vinnige groeier wat ‘n lae, netjiese struik vorm. Dit voeg altyd kleur in ‘n wintertuin. ■