Huisgenoot

ELON & TWITTER AL DIE BINNEPRET

IN April 2022 was Elon Musk op ’n besonder goeie plek in sy lewe. Aandele van sy maatskappy Tesla het die voorafgaande vyf jaar vyftienvoudig in waarde toegeneem tot dit meer werd was as die ander nege topmotormaatskappye bymekaargetel. SpaceX het in die eerste kwartaal van 2022 twee keer soveel massa die ruimte ingestuur as alle ander maatskappye en lande bymekaargetel.

Sy Starlink-satelliete het ’n privaat beheerde internet tot stand gebring, met meer as 500 000 gebruikers in 40 lande, Oekraïne ingesluit.

Die vooruitsig was dus dat dit ’n wonderlike jaar sou wees, solank Elon nie krap waar dit nie jeuk nie.

Maar dit is nie hoe Elon werk nie.

Shivon Zilis, die hoof van Neuralink (Elon se maatskappy wat breininplantings ontwikkel sodat ’n mens direk met rekenaars kan kommunikeer) en die ma van twee van sy kinders, het in April opgelet hy is krapperig. Dis asof hy net nie kon afskakel nie.

“Jy hoef nie heeltyd reg te staan vir ’n oorlog nie,” het sy vir hom gesê. “Of is jy gemakliker wanneer jy in ’n oorlog is?”

Dis maar hoe hy bedraad is, het Elon geantwoord. Soos hy dit aan my gestel het: “Ek wil altyd my geld weer op die volgende hand waag of die volgende deel van die speletjie aanpak.”

Dié periode van ongekende sukses het saamgeval met ’n tyd waarin hy omtrent $10 miljard kontant gehad het danksy aandeleopsies wat hy uitgeoefen het. “Ek wou dit nie net in die bank los nie,” sê hy. “Ek het myself gevra van watter produk ek hou. Dit was maklik om te beantwoord. Dit was Twitter.”

In Januarie het hy vertroulik sy persoonlike sakebestuurder, Jared Birchall, opdrag gegee om Twitter-aandele te begin koop.

Die manier waarop Elon in die Twittertransaksie ingeboender het en die naam eindelik in “X” verander het, is tipies van hoe hy dit nou bestuur: impulsief en

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Van Naïef Tot Kragdrag
DIE modereeks waarvan sy nou amptelik die gesig is, sluit in kantoordrag, oorjasse, rokke en selfs ’n skouersakkie wat na haar vernoem is, die “Monica”. Al dié klere is volgens die vervaardiger ontwerp om die beeld van ’n sterk vrou uit te straal, ee
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
Huisgenoot Sê
POST MALONE EN MORGAN WALLEN Sy gesig vol tatoes kan dalk vir baba bang maak, maar sy rap en sang bekoor. Kyk nou maar hoe dié eksentrieke Amerikaner se duet met die countryster Morgan Wallen die rekords laat spat! “IHadSomeHelp” wasindietweedeweek v