WANNEER JY DIE VERSKIL AAN JOU VEL BEGIN SIEN EN VOEL, SAL JY NIE SONDER SERAMIEDE IN JOU VELSORGROETINE KAN KLAARKOM NIE
ERAMIEDE is dalk nie die nuuste velsorgbestanddeel wat daar is nie, maar dit maak skoonheidskenners steeds opgewonde. Dit is een van die doeltreffendste en sagwerkendste aktiewe bestanddele. Enigiemand kan dit gebruik, maak nie saak hoe jou roetine lyk nie. As jy mooi kyk na wat in jou bevogtigers, lyfrome, serums en reinigers is, word seramiede dikwels as een van die hoofbestanddele