’N VERHOGING in die gesondheidsbevordingsheffing op suikerversoete drankies kan die afwaartse trajek van die suikerbedryf sedert 2005 verder verhaas, waarsku ’n verslag van die buro vir voedselen landboubeleid (BFAP) wat kort voor mnr. Enoch Godongwana, minister van finansies, se begrotingsrede uitgereik is. Die navorsing is in opdrag van die Suid-Afrikaanse suikervereniging (SASV) gedoen.
Die verslag, “Potential impact of an increase in the current level of the health promotion levy”, wys daarop dat Suid-Afrika