DIT lyk asof Catherine, die prinses van Wallis, binnekort plek sal moet maak vir ’n nuwe generasie koninklike stylikone. Terwyl elkeen van Kate se uitrustings steeds blitsverkopers word die oomblik wanneer sy daarin gesien word, het sy deesdae op die modefront stewige kompetisie van ’n rits ander adellikes.
PRINSES LEONOR VAN SPANJE
Die afgelope twee jaar het die styl van dié oudste dogter van Spanje se koning Felipe VI en sy voormalige joernalis-vrou, Letizia, begin blom. Leonor (17) is sedert 2021 ’n leerling aan die Atlantic World College in Wallis. As eerste aanspraakmaker op die Spaanse troon het