Bakhandbeleid help nie vir laer kospryse
Die wêreld se inflasiekoers was lank ongeveer 2,3% per jaar, maar kan na verwagting in 2022 tot 4% styg. Dit is ’n regstreekse gevolg van die oorlog in Oekraïne, maar die covid-19-pandemie het in 2020 reeds druk op veral voedselpryse geplaas.
Verskeie faktore beïnvloed gewoonlik die vraag na en aanbod van voedsel, maar binne al die huidige onsekerhede is voedselpryse uiters kwesbaar.
Mense se eet- en koopgewoontes het in die kritieke tyd van die pandemie verander, terwyl inperkings groot druk op verspreidingsnetwerke geplaas het.
Die gepaardgaande sanksies en ontwrigting van skeepsroetes in Sentraal-Europa, wat met die Oekraïnse oorlog gepaard gaan, het boonop die ewewig tussen die vraag en aanbod versteur. Gevolglik het voedselpryse die gewone verbruiker se sak wesenlik geraak, soos in GRAFIEK 1 aangedui.
Daar is besorgde ekonome wat waarsku dat die slingertrap van alledaagse oorlewingsmiddele wat ál duurder word, ’n voedselrebellie onder verbruikers kan veroorsaak. Terwyl inflasiekoerse tans dekades lange rekordvlakke beproef, raak verbruikers meer desperaat én kwaad, veral omdat die vooruitsig nog slegter as tans lyk.
Armoede bereik kritieke vlakke en daar word luidkeels beroepe op regerings gedoen om voedselpryse te subsidieer sodat die welvaart van die bevolking ten minste gestut kan word.
Aanhangers van voedselsubsidies voer aan dat sulke ingrypings, spesifiek op plaasvlak, voedselsekerheid vir veral die armer deel
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days