Kamp en Karavaan

ons kyk na SLANGE

Ek was deksels bly dat ons paddas en waterwesens in ‘n kwakende en kreunende moeras gesoek het, eerder as seldsame slange. Ek het geweet my metgeselle sou in hulle element wees as hulle op ‘n dodelike voëlslang of mamba afkom, maar ek was tevrede om ander kreature te soek. Ek het mediese dokter, Colin Tilbury, daardie aand ontmoet net voordat ons koers gekies het na die moddergat. Johan Marais, die Slangman, het in my oor gefluister: “Colin is seker die wêreld se grootste kenner van verkleurmannetjies. Ons was vinnig op pad terug van ons kamp, Gugulesizwe af. Colin Tilbury wat agter my gesit het, het aanhoudend hardop gesê: “Verkleurmannetjie ... Verkleurmannetjie ...Verkleurmannetjie.” Ek kon nie verstaan wat aangaan nie en moes vra: “Watter verkleurmannetjie?”

In antwoord op my vraag, het Colin vir ons kamp se hoofveldwagter, Mbongeni Myeni (kortliks MB), gevra om sowat 200 meter terug te ry. Toe spring Colin uit en steek sy hand uit na ‘n bos langs die pad. Ja-nee, dit was waaragtig ‘n verkleurmannetjie. Ek het hom op pad terug na ons gerieflike kamp nog ‘n paar keer getoets. Hoe hy die diertjies in die bosse van ‘n bewegende voertuig af raakgesien het, was vir my ‘n raaisel. Hierdie slangavontuur sou egter baie meer verrassings

You’re reading a preview, subscribe to read more.