Koe'sister

DIE skatkis VAN WYSHEID & KULTURELE TRADISIES op die platteland

“Ek is deur ’n vroedvrou op ’n Saterdagoggend in my ma se kamer in die lewe gebring. Haar naam was Antie Karliena Ross. Daarna, soos die gebruik was, het sy elke namiddag gekom om my te kom uitsmeer,” vertel Loretta Feris, ’n lid van die LRSB Facebook-groep.

“Ek is nie seker hoe lank nie, maar dit hang van elke baba af hoe lank na die geboorte die uitsmeer aanhou. Met my suster het Antie Karliena vir ’n langer tydperk gekom om haar uit te smeer, want sy was ’n koliekbaba. Met elke baba is daar ’n spesifi eke rede waarom die smeer-ouma gekom het.” Loretta verduidelik dat Antie Karliena ’n bekende vroedvrou in die omgewing was en baie baba’s se smeer-ouma was.

“Mamma het altyd gepraat van Antie Karliena wat my smeerouma was. Sy’t gekom om wat ons vandag ’n baby massage noem te doen. Toe my seun, Ethan, gebore is, kon jy ’n baby massage doen, maar die ma moes die tegniek self leer. Dit was nie iets wat iemand anders kom doen nie, soos die vroedvroue destyds gemaak het.”

Dis komvandaan-stories soos dié wat vertel word in die LRSB groep. Die vertellings is nostalgies, maar daar is ook hartseer wat deurslaan oor die verlies aan ons tradisionele kennis wat verlore gaan wanneer ons oumas en oupas sterf.

Dit is juis dit wat aanleiding gegee het tot Loretta se navorsingsprojek, Archiving the Knowledge and Wisdom of the Midwives of the Nama Khoi, vir die Universiteit van Kaapstad (UK) se San and Khoi Centre. Terwyl sy gehelp het om Khoi- en San-oorskot, wat oneties deur die UK bekom is, terug te besorg aan die families in Sutherland in die Noord-Kaap, het Loretta twee boorlinge van die Namakwaland-distrik, André en Denise Owies, ontmoet. Hulle was lede van die afvaardiging belanghebbendes.

“Hulle is baie besorgd dat al die kennis, praktyke en wysheid van tradisionele vroedvroue gaan verdwyn, want hulle praktiseer nie juis meer met deesdae se moderne medisyne nie. Hulle vra toe of daar dalk ’n manier is hoe die universiteit die kennis kan dokumenteer en argiveer,” vertel Loretta.

André, wat nes Loretta deur ’n vroedvrou gevang is, wou erkenning gee aan die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Koe'sister

Koe'sister2 min read
From The Editor
Have you ever heard of an “amma-ding”(or “amma thing”)? It is the term my maternal grandma from the Northern Cape used to refer to any garment - from a cardigan to a jacket - to be used as an extra layer when the weather turns cold. This “amma”(I ass
Koe'sister1 min read
V&A MAKERS LANDING SEAFOOD FEST
How food entrepreneurs are thriving in the V&A's Makers Landing A BATTLE FOR JUSTICE WOMEN CAUGHT IN THE NET OF BLUE POLITICS THREE LOCAL FISHERWOMEN SHARED THEIR AUTHENTIC TRADITIONAL SEAFOOD RECIPES WITH US + Cape Town stage legend Terry Fortune's
Koe'sister2 min read
'Secret Ingredient' Pickled Fish
Every year on Good Friday, I host The Terry Fortune International Pickled Fish competition at my home (just to be brêkkerag). Although the social element is still present, it has become very competitive over the years. There are comments such as “Oh,

Related Books & Audiobooks