Finweek - Afrikaans

MTN LYK GOEDKOOP, EN ONVOORSPELBAARHEID KAN DIT DAAR HOU

die onlangse aankondiging dat MTN se Siriese onderneming onder geregtelike voogdyskap geplaas is ná beskuldigings dat hy sy lisensievoorwaardes oortree het, is een van ’n reeks probleme wat Afrika se grootste selfoonoperateur probeer agterlaat deur sy bateverkoopsprogram en sy besluit om die Midde-Ooste te verlaat en op Afrika te konsentreer.

MTN het voor die jongste probleme daar reeds die onafgehandelde verkoop van sy belang van 75% in MTN Sirië vir $65 miljoen aangekondig. Hy beplan ook om sy bedrywighede te verkoop in lande soos Afganistan (waar hy beskuldig word van omkopery en die oortreding van Amerika se antiterrorismewet) en Iran (waar hy van omkopery aangekla word en vanweë Amerikaanse sanksies nie geld kan onttrek nie).

Die Midde-Oosterse streek, wat vroeër ’n belangrike fokuspunt in MTN se waaghalsige strategie van internasionale groei-uitbreiding was, is blykbaar nie die moeite werd nie.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans1 min read
Finweek - Afrikaans
Waarnemende redakteur Jaco Visser Besturende redakteur Zerelda Esterhuizen Medewerkers Simon Brown, Jacques Claassen, Andrew Duvenage, Johan Fourie, Moxima Gama, Mariam Isa, Schalk Louw, David McKay, Maarten Mittner, Andile Ntingi, Timothy Rangongo,
Finweek - Afrikaans4 min read
Bou ’n Klimaatbestande Onderneming
voordat ’n internasionale pandemie ons lewe ontwrig het, was die dringendste vraag wêreldwyd – van Davos-forums tot maatskappydireksiesale, van boere tot politici – eenvoudig: Hoe om klimaatsverandering te keer. En namate ons leer om saam met die pan
Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr