Finweek - Afrikaans

SUKKEL TE MIDDE VAN ’N PANDEMIE

die vooruitsigte vir die aandele van Suid-Afrika se drie grootste genoteerde private hospitaalgroepe verswakterwyl operasies wat nie dringend is nie, uitgestel word, pasiënte die risiko vrees om die koronavirus in hospitale te kry, en hospitale sukkel om bedryfskoste te verhaal.

Een straaltjie hoop is dat mediese fondse se lidmaatskap bestendig bly omdat verbruikers probeerom beter gesondheidsorgdienste deurdie private sektoras by openbare hospitale te kry. Dit is te midde van baie flou ekonomiese vooruitsigte, toenemende werksverliese en ’n afname in verbruikersvertroue, wat druk op die geldsake plaas van baie mense wat private mediese sorg en versekering kan bekostig.

Tog het ’n skerp daling in die besettingsvlak van private hospitale – van die “normale” 65% tot sowat 40% by die aanvang van die regering se inperking – veroorsaak dat sommige hul uiters moderne mediese geriewe teen ’n verlies bedryf.

Namate die koronaviruspandemie deur die land woed, het nuus van onvoldoende kapasiteit om siekes in openbare hospitale te huisves en te behandel, algemeen geword. Dit is al het die regering einde Maart ’n inperking ingestel waardeurdie burgerlike vryheid van Suid-Afrikaners beperkword om virdie “opwel” van die pandemie gereed te maak. Die opwel het aangebreek, maar die staat se voorbereidings skiet te kort. Private hospitale, wat ingeroep is om openbare pasiënte te aanvaarteen ’n tarief waarteen hul koste gedek word, het nog nie die ergste ondervind nie.

“Die toename in Covid-19-gevalle in die laaste weke het ook tot ’n toename in hospitalisasie gelei, hoewel omtrent geen private hospitale werklik vol is nie (anders as wat onlangs in vals nuus beweer is),” sê MarkWadley, fondsbestuurder by Vision Fund Management, aan finweek.

Vroeg in die inperking

Die instelling van die inperking, wat gereguleer word deur die “inperkingminister”, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, wat toesig oor die land

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Finweek - Afrikaans

Finweek - Afrikaans1 min read
Finweek - Afrikaans
Waarnemende redakteur Jaco Visser Besturende redakteur Zerelda Esterhuizen Medewerkers Simon Brown, Jacques Claassen, Andrew Duvenage, Johan Fourie, Moxima Gama, Mariam Isa, Schalk Louw, David McKay, Maarten Mittner, Andile Ntingi, Timothy Rangongo,
Finweek - Afrikaans4 min read
Bou ’n Klimaatbestande Onderneming
voordat ’n internasionale pandemie ons lewe ontwrig het, was die dringendste vraag wêreldwyd – van Davos-forums tot maatskappydireksiesale, van boere tot politici – eenvoudig: Hoe om klimaatsverandering te keer. En namate ons leer om saam met die pan
Finweek - Afrikaans4 min read
Fokus Op Die 31 Jaar Oue Orbis Global Equity-fonds
die Orbis Global Equity-fonds, een van die oudste in sy soort wat vir Suid-Afrikaanse beleggers beskikbaar is, is geruime tyd al ’n gunsteling onder beleggers. Die fonds is in Bermuda gevestig en het sedert sy ontstaan in 1990 ’n geannualiseerde opbr