SA Hunter/Jagter

MAUSER SE STAATMAKER – DIE 9.3X62

Die 9.3x62 Mauser het deur die jare baie diep spore in die jagveld getrap. In Europa is dié staatmaker reeds vir dekades lank ’n gunsteling vir wild soos wildevarke en takbokke. Baie van hierdie wild word tydens sogenaamde driven hunts gejag waar die jagter skuiling inneem en die diere verby die skuiling gedryf word. Kort, handige gewere in 9.3x62 is ’n populêre keuse vir menige Europese jagter wat op hierdie wyse jag, en die 9.3x62 se slaankrag kom hier handig te pas.

’n Paar jaar gelede het ’n kennis van my in Alaska gaan jag met die hoop om een van die reusagtige bruinbere, wat in daardie deel van die wêreld voorkom, te kon jag. As gevolg van uitgebreide papierwerk het hy besluit om nie een van sy eie gewere saam te neem nie, maar eerder om ’n roer by sy jaggids te leen. Die geweer was ’n verslete ou Sako in 9.3x62, maar om ’n lang storie kort te maak, net een skoot was nodig om ’n groot bruinbeer se skedel en vel in die sout te kry.

Dit is egter in die jagvelde van Afrika waar die 9.3x62 die meeste roem verwerf het. Daar is bitter min van die ou jagboeke waarin nie melding gemaak word van die 9.3

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter1 min read
Bokspog
GEBORG DEUR: Stevenson Hamilton Die wenner van hierdie maand se Bokspog, Ettiene Erasmus, wen ’n produk beskikbaar op Stevenson Hamilton se webtuiste www.stevenson-hamilton.co.za ter waarde van R1 000. Baie geluk, Ettiene! Om jou prys te eis, stu
SA Hunter/Jagter4 min read
Slagdoppies Watter Om Wanneer Te Gebruik
Theuns Lombard vra my verlede week hoe hy kan weet watter tipe slagdop-pie om saam met sy kruit en koeël in sy .30-06 te gebruik om die beste resultate te verkry. Hy wil ’n 165 grein Barnes TSX-koeël gebruik, saam met Lapua-doppe en Vihtavuori N550-d
SA Hunter/Jagter5 min read
Voorbereiding Vir Die Jagseisoen
Die belangrikste toerusting vir enige jag is kortliks ’n geweer, ammunisie, teleskoop, verkyker, jagskoene, messe en ’n skietstok. Die heel belangrikste hier-van is beslis jou geweer en/of selfs jou boog. As jy ’n jaar gelede jou geweer in die hoek v

Related