Landbouweekblad

Besnoei uitgawes streng vir beste wins

PLAASINLIGTING

LIGGING: Reitz, Vrystaat

NAAM: Avoca

EIENAARSKAP: Trust

VERTAKKINGS: Tulistoetery, Senepol- en kommersiële vleisbeeste, vervaardiging van beestoerusting en verhuring van eiendomme in Georgië.

VELDTIPE: Suurveld

GEMIDDELDE REËNVAL: 750 mm per jaar

KORTOM

■ Uitgawes word tot op die been besnoei.

■ Geen lekke word voorsien nie, want ’n beter kalfpersentasie vergoed nie genoeg vir die koste nie.

■ Die voervloeiprogram word deeglik be-plan, en ’n noodvoerbank word onderhou.

■ Plaasinkomste word aangevul met die verkoop van beesimmobiliseerders en die verhuring van eiendomme in Georgië.

Die beeste kry nie eens ’n lek nie, maar hierdie geregistreerde kudde van 300 koeie handhaaf nogtans ’n baie lae tussenkalfperiode van 371 dae, wat die Langlyf-Tulistoetery van mnr. Albie Rautenbach van Reitz onder die drie vrugbaarste kuddes van dié Afrika-beesras plaas.

Sy pa, Abel, het die plaas Avoca omstreeks 1975 gekoop nadat hy eers elders in die distrik geboer het. Abel het met ander beesrasse geboer, maar was ontevrede met die lae kalfpersentasie van sowat 50. Dr. Quenten Campbell, ’n kenner van inheemse vee, het hom oorreed om die Tuli te oorweeg. Abel het eers ’n paar koeie by mnr.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Onstuimige Tyd Wag Op Landbou In SA
DIE kernboodskap van verskeie sprekers op die kunsmisvereniging van Suid-Afrika (Fertasa) se kongres by Muldersdrift was dat daar moeilike tye vir die landbou voorlê, maar dat daar groot vertroue in die sektor is om dit te kan baasraak. “Daar is baie
Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Dragtige Ankole-koei en haar kalf is vir R1 miljoen verkoop op die nasionale Ankole-veiling wat op 1 Junie op die plaas Phala Phala van pres. Cyril Ramaphosa by Bela-Bela aangebied is. Die koei, LUI 19-006, is deur die Cattle Group Farming van Wal
Landbouweekblad2 min read
Boere En Verbruikers Koop Net Nodigste, Beskerm Kontantvloei
DIE hoofredes waarom TWK se kleinhandel-en-meganisasie-afdeling se ebitda (verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en afskrywing) in die ses maande tot einde Februarie vanjaar met 29,69% tot R61,53 miljoen gestyg het, was die verbetering