Kamp en Karavaan

VAN DIE RIVIER AF TOT IN DIE WOESTYN

LAKE GRAPPA

Die amptelike beginpunt vir ons safari was Norotshama op die oewer van die Oranjerivier in Namibië.

Omdat ek van Johannesburg af gery het, sou dit malligheid gewees het om meer as 1 200 kilometer in een skof af te lê om by my eerste bestemming te kom.

Ek het dus besluit om 'n paar dae voor die res van die span te vertrek, en by die Lake Grappa Guest Farm net buite Kakamas te stop.

Toe ek by Lake Grappa aankom, het ek uitgevind dat twee ander lede van ons span, Colin en Martha Gordon, my voorgespring het en reeds daar kamp opgeslaan het.

Hulle het van Oos-Londen af na Kaapstad gereis en daar 'n Echo 3 vir die reis gehuur.

Ek het Colin en Martha op 'n vorige reis saam met Jannie se Protea Safari Tours ontmoet toe ons na Sanipas gegaan het.

Nadat ek ook ingerig was, het ek en Colin koers gekies na die Grappa-restaurant.

Hulle smullekker reuse-hamburgers sal selfs die Yanks in die skande steek.

Elke Woensdag en Vrydag het die restaurant 'n maakjou-eie-pizza-aand.

Ons het dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.