Kamp en Karavaan

WAAR REUSE RONDLOOP

Wat het mense in die Steentydperk, die Khoi-Khoi, die Xhosas, die Boere, Britse forte, Percy Fitzpatrick (skrywer van die boek Jock of the Bushveld), Denys Reitz van Boereoorlogfaam en die uitvinder van straalvliegtuigenjins gemeen?

By hierdie lys kan ook vlerklose miskruiers, 'n massiewe olifant met die naam Hapoor en 'n reuseskilpad, Domkrag, gevoeg word.

As jou antwoord is Addo-olifantpark, dan is jy absoluut korrek.

Ek was so gelukkig om hierdie pragtige deel van die Oos-Kaap onlangs te besoek – die eerste keer in baie jare.

Addo begin met 'A', die eerste letter van die alfabet, en na my mening moet hierdie wildtuin bo-aan enigiemand se wenslys wees.

Die gebied is absoluut fassinerend.

Op my eerste lys, noem ek Hapoor, die kolossale olifantbul... hy het sy naam gekry as gevolg van die groot hap in een van sy ore. Dis glo deur 'n jagter se geweer veroorsaak. Geen wonder dat hy mense so gehaat het nie.

En wat van die reuseskilpad?

Wel, hy het glo gereeld onder voertuie ingekruip en hulle opgelig – van daar die naam Domkrag!

Addo is vir seker nie sommer net 'n “olifantpark" nie...

My reis het in Port Elizabeth begin waar ek 'n splinternuwe Isuzu D-Max 3-liter-turbodiesel gaan haal het. Hierdie werkesel sal 'n paar maande by Kamp & Karavaan diens doen as ons nuwe langtermynvoertuig.

Nadat ek agter die stuurwiel van die nuwe ryding ingeskuif het, het ek na Eastern Cape Caravans in Walmer gery om my tuiste vir die toer te gaan haal.

Die welwillendheid

You’re reading a preview, subscribe to read more.