Kamp en Karavaan

Kampvuur PRAATJIES

KAMPAVONTURE GESLAG NA GESLAG

Ons het die redakteursbriewe gelees oor hoe voordelig dit vir kinders is om van kleins af bekendgestel te word aan kamp- en ander buitelugaktiwiteite.

Ek en my broer en ons maats het in Bergvliet grootgeword toe daardie deel van Kaapstad begin ontwikkel het. Ons het in die vyftiger- en sestigerjare baiekeer in die woude en op die berge van die Kaapse Skiereiland gekamp en het baie gelukkige herinneringe aan daardie tye.

Toe hulle nog baie klein was, het ons ons drie kinders ook bekendgestel aan kampervarings en staptogte.

Ons 1983-Jurgens Magnificent moes in 1990 "aftree" en ons het hom toe na die plaas Driehoek in die Sederberge geneem.

Ons gesinne geniet nou steeds ons heerlike private kampplek op die plaas.

Gelukkig vir ons almal het ons kinders en hul onderskeie huweliksmaats hul liefde vir die buitelewe aan ons ses kleinkinders oorgedra wat almal geen aanmoediging nodig het om in die buitelug weg te kom nie. Ons jongste seun en sy gesin het sedertdien

You’re reading a preview, subscribe to read more.