Kamp en Karavaan

HART VAN DIE NAMIB

Ons Namibiese reis het in alle erns by ons eerste kamp by Norotshama langs die Oranjerivier begin.

In die Julie-uitgawe het ek jou op die eerste deel van die avontuur saamgeneem. Dit het by Aus opgehou, met tussenin besoeke aan die wildeperde van die Namib en die pragtige stranddorpie Luderitz.

Vir my was die twee hoogtepunte tot dusver die Visrivier-canyon tydens volmaan en die spookagtige myndorp Kolmanskop.

Nou waar ons voortgaan, het die gewone towerkrag wat so 'n toer altyd kenmerk, ordentlik ingeskop.

Toe ons afdraai van die B4 Luderitz-Keetmanshoop-pad op die C13, 'n kleiner, sekondêre pad wat vir sowat 105 kilometer noordwaarts na Helmeringhausen loop, was die klompie relatiewe vreemdelinge reeds 'n gelukkige, hegte groep vriende.

Letterlik net voor Helmeringshausen het ons weer links gedraai op die C27 vir nog 100 km na Betta.

Soos gewoonlik was ek op my plek as die agterhoede van die konvooi, en ek het gewonder hoekom die ander langs vier massiewe BMWmotorfietse stilgehou het.

Soos die toeval dit wou hê, het Eldor Smit n haar man Willie, wat oorsee woon, een van die ryers as 'n vriend herken wat sy lank laas gesien het.

Dit het 'n reis al die pad vanaf Zurich af na die uitgestrekte rooi sandduine van Namibië gekos om hul vriendskap te hernu.

Terwyl ek skryf, kyk ek kort-kort na my foto's om die sonderlinge skoonheid van hierdie wye woestynlandskappe treffend te probeer oordra. 'n Foto van twee stippels op 'n rooi sandvlakte met

You’re reading a preview, subscribe to read more.