Kamp en Karavaan

ONS KEN G'N PERKE

Ons is 'n avontuurlustige gesin van vier wat voortdurend op soek is na nuwe avontuur ver weg van die stadslewe.

Ek en my vrou, Desna, is 15 jaar getroud en is geseën met twee pragtige, lewendige seuns.

Jare lank het ons genotvolle toere deur Suider-Afrika onderneem met ons veldkaravaan gehaak. In 2017 het ons egter ons geliefde sleepding verloor as gevolg van 'n ongeluk in Namibië.

Daar het die storie van BorderX begin.

Ons kon nie 'n nuwe karavaan vind wat aan ons spesifieke vereistes voldoen nie; daarom het ons besluit om ons eie karavaan te ontwerp en te bou.

Teen Augustus 2018 het ons die prototipe gehad, en die projek het beter geslaag as wat ons ooit gedroom het.

Ons het dus besluit om ons droom te deel, en dit 'n permanente leefstyl vir ons gesin te maak.

Ons BorderX-karavaan het ons “prototipe” geword, en dit was die hoofdryfkrag vir ons Suider-Afrikaanse reis wat oor 34 dae gestrek het.

Van waar die naam BorderX? Omdat hierdie gesin nie deur grense ingeperk wil word nie!

Ons langtermynvisie is om tot in Egipte te ry – en hoekom daar halt roep as ons daardie doelwit bereik het?

DAG 1 – 4: VRYBURG & KGALAGADI

Die eerste aand van ons wonderlike reis is ons beloon met 'n pragtige sonsondergang by Kameelboom Lodge, 7 km buite Vryburg.

Die volgende oggend was ons vroeg op om die 405 km na Kalahari Monate Lodge in Upington aan te pak. Hier was die verblyf ook goed en was ons gelukkig om weer eens 'n skouspelagtige sonsondergang te sien.

Na 'n groot ontbyt in Upington het ons koers gekies na die Kgalagadi-park waar ons sowat 11:00 aangekom het. Daarna het ons 'n ruk in die kamp gerus en die seuns kon ontslae raak van hul oortollige energie deur heerlik in die sand te speel.

Na middagete het ons 'n

You’re reading a preview, subscribe to read more.