Kamp en Karavaan

Kampvuur PRAATJIES

TOWER-OOMBLIKKE IN ONS NASIONALE PARKE

'n Groep van ons het onlangs 'n vakansie in die Krugerwildtuin deurgebring.

Na 'n paar dae by Letaba het ons na Skukuza verskuif, en alhoewel die kamp uit sy nate gebars het, het ons dit reggekry om al nege van ons op die staanplek in te pas en 'n laer daar te trek.

Ons kamp het bestaan uit 'n luukse Afrispoor Cheeta-veldkaravaan (met elke denkbare gerief) tot 'n eenvoudige opwiptent met opblaasmatrasse... en ons was so in die middel rond met ons Skipper Oyster.

Aandetes is gewoonlik gedeel, asook die skottelgoedwassessies.

Die ouens in die tente het gewoonlik elke opwasskottel wat beskikbaar was gebruik.

Die Saterdagaand het ons soos almal in die kamp ons braaivleisvure aangesteek en rondgesit, salig tevrede met 'n glas wyn in die hand.

Kinders het naby ons rondbaljaar en dit gate uit geniet.

Ek is seker hulle sal hierdie tyd

You’re reading a preview, subscribe to read more.