Kamp en Karavaan

GOODERSON ...beter ...beste

Ek weet 'n mens kry dubbeldik room, maar kry jy ook sulke ryk botter? Wel, indien nie, ek het so pas die resep gekry. Ek het in dubbeldik botter geval tydens my onlangse besoek aan die skilderagtige Gooderson Natal Spa Hot Springs en Leisure Resort naby Paulpietersburg in KwaZulu-Natal, slegs 4 uur se ry van Gauteng af.

Die dubbeldik room in die resep was in die vorm van 'n blinknuwe Isuzu MU-X-sewesitplek-SNV, en my luukse huis-op-wiele 'n ruim, 8-meter-dubbelas-alleterrein-Destination Wonder-karavaan.

Ek het die karavaan by die Destinationfabriek in Meyerton gaan haal voordat ek koers gekies het vir die reis van vier en 'n halfuur na die oord. Ek het besluit om oor Villiers, Vrede, Memel, Newcastle, Utrecht en Vryheid te ry.

Gooderson is ongeveer net so ver van Johannesburg as wat dit van Durban is. Winter in hierdie somerreënvalgebied is nie vir almal lekker nie, maar ek het die grafiese toneel van die goue wintergras met hier en daar 'n paar blaarlose wilgerbome geniet.

Net voor die dorpie Memel het

You’re reading a preview, subscribe to read more.