Kamp en Karavaan

Die werkswinkel

WAS DIT WETTIG?

Ek oorweeg dit om 'n Destinationkaravaan te koop, soos die een wat in die Oktober 2019-uitgawe van jul tydskrif getoets is. Ek sien egter julle het 'n Isuzu Mu-X gebruik om hierdie karavaan te sleep. My vraag is, het julle dit wettig gesleep? Die karavaan het 'n BVM van sowat 2 500 kg, en die Isuzu het 'n tarra van ongeveer 2 000 kg. Ek het 'n Pajero-kortwielbasis met 'n tarra van 2 000 kg, en nou is ek nie seker of ek hierdie indrukwekkende karavaan mag sleep nie. Ek wag op julle antwoord.

Steven Da Costa Pereira

Ek dink ek ons het dié keer gesondig. Volgens wet moet die BVM van 'n geremde karavaan (of sleepwa) nie die tarra van  die sleepvoertuig oorskry nie – tensy die sleepkombinasie toegerus is met bykomende lugremme (bekend as PBR), in welke geval die BVM van die karavaan soveel soos 3 500 kg kan wees. Dis nou as die sleepvoertuig gegradeer is om hierdie gewig te mag sleep. Wat verwarrend word, en miskien misleidend kan wees, is dat die voertuigvervaardiger, êrens op

You’re reading a preview, subscribe to read more.