Kamp en Karavaan

Tsitsikamma

Geleë langs die verruklike Tuinroete, is 'n gebied met asemrowende natuurtonele en eindelose avonture. Dit wemel van voëls, flora en fauna, en is die ideale bestemming om vakansieherinneringe te skep. Dit is die Tsitsikamma, 'n Khoi-woord wat beteken "plek van baie water". Hierdie welige streek op 'n 200-meterplato, strek vanaf die Bloukransrivier in die weste tot by die Tsitsikammarivier in die ooste. Dit word in die noorde begrens deur die indrukwekkende Tsitsikammaberge en in die suide deur die blou Indiese Oseaan.

Die wonderland van Tsitsikamma bied talle unieke ervarings. Daar is iets vir almal. Dis sowat 585 km vanaf Kaapstad, maar die skilderagtige rit, met verstommende plaasstalletjies langs die pad waar 'n mens vir lekkernye kan aangaan of jou bene kan rek, maak ligte werk van die kilometers. Dis ook net 197 km op die skilderagtige roete vanaf die Port Elizabeth Internasionale Lughawe. In 1964 is Tsitisikamma as die eerste mariene nasionale park in Afrika geproklameer. Sedertdien is bykomende grond en oseaangebied by die park gevoeg, wat uiteindelik met die Tuinroete Nasionale Park saamgesmelt het langs die Wildernis Nasionale Park. Saam met die Knysna Nasionale Meregebied en die uitgebreide stukke nasionale woudgebied, beslaan die Tstsikamma-gedeelte 'n kusstrook van 80 km wat gemiddeld sowat 5 km tot by die see strek.

Met dig beboste hange, loodregte kranse tot in die see, diep bergklowe wat deur die loop van millennia deur die berge hul pad gekerf het, bied hierdie deel van Suid-Afrika ware vakansieskoonheid. As die reusegolwe wat meedoënloos teen die rotsagtige kuste slaan, hierby gevoeg word, kan 'n mens verstaan waarom die Tsitsikamma-streek die ideale wegbreekplek is vir natuurliefhebbers, veral voëlkykers. Byna 300 voëlspesies, soos die Knysna-loerie, ooruil en die Marico-jangroentjie word in die woude aangetref. Dit maak die gebied 'n voëlkykersparadys. Tydens 'n onlangse reis het ek koers gekies na die Stormsrivier-ruskamp, in die Tsitsikamma-gedeelte van die Tuinroete Nasionale Park. Ek het net 'n kort rukkie daar gebly, maar ek kan sê dat dit beslis een van die mooiste plekke is wat ek ooit in Suid-Afrika besoek het. Die Stormsrivier-ruskamp is 'n baie gewilde toeristebestemming, en met reg so.

Face Adrenalin reksprong

Op pad na die Stormsrivier-ruskamp het ons by die

You’re reading a preview, subscribe to read more.