Kamp en Karavaan

Nuus

BORDERX EXTREME

BorderX het hul nuwe, kleiner, Extreme-model vroeg in Januarie bekendgestel – net betyds vir die Karavaanskou op Gallagher Estate hierdie Februarie.

In die Border X Extreme kan twee persone op 'n dubbelbed voor in die neusafdeling slaap, en dit het 'n deur agter. Die fokus van die karavaan is op die buitelewe. Dit het 'n lisensiemassa van 920 kg in vergelyking met die groter Expedition-model wat 1 540 weeg.

Maar wie is BorderX? In die Augustusuitgawe het ons 'n storie geplaas oor die jongste dubbelas-veldkaravaan, die BorderX Expedition, 'n veldkaravaan wat deur die egpaar, Werner en Desna Pretorius, vir hul persoonlike gebruik gebou is. Hierdie besluit is geneem nadat hulle hul karavaan in 'n ongeluk in Namibië verloor het.

Hulle wou 'n karavaan bou om spesifieke tekortkominge van hul vorige karavaan te oorkom, en omdat albei ingenieurs is, het hulle hul gesamentlike kennis en kundigheid gebruik om 'n veldkaravaan te

You’re reading a preview, subscribe to read more.