Kamp en Karavaan

Viertrek-kamptoer in Namibië

Dis die eerste keer dat ek wonderlike Namibië weer besoek het sedert die vroeë tagtigerjare toe ek daar militêre diens moes doen, en dit was ook maar net in die omgewing van die noordelike dorpe Oshakati en Ondangwa. Behalwe dat ek baie sarsies 12,7-koeëls moes afvuur tydens denkbeeldige lugaanvalle vanaf 'n hoë posisie op die watertoring, was daar maar min geleentheid om die pragtige landskappe wat hierdie ongelooflike land kenmerk waar te neem. Toe ek die aanbod van Marko Paape, bestuurder van Accessory Fitment Centre, en die verskaffer van Ironman 4X4-produkte kry om op 'n 4x4-kamptoer te gaan, het ek dit dus dadelik gretig aanvaar.

Na 'n kort vlug van Kaapstad af Windhoek toe, het ek die ander lede van die toergroep, onder andere handelaars, ontmoet, die toerorganiseerder het ons kortliks ingelig oor wat ons kon verwag, en Johan "Muis" von Wielligh, ons gids en sjef, het meer besonderhede gegee. Daarna het ons koers gekies Spitzkoppe

You’re reading a preview, subscribe to read more.