Kamp en Karavaan

Transkei op kort kennisgewing

Toe ek 'n oproep van 'n medejoernalis kry dat sy dokter reken hy moet liewer nie kort na 'n onlangse operasie reis nie, het ek net sowat 'n dag gehad om alles gereed te kry vir 'n besoek aan die Transkei Wildekus. Dit beteken ek moes my klere regkry, kamerabatterye laai, reisplanne nagaan, telefoonoproepe maak om kaarte in die hande te kry, sorg dat niks met ons langtermyn-Isuzudubbelkajuit skort nie, en die Invader Quattro veldkaravaan gaan haal wat Dan by Invader aan ons geleen het. Daar is niks soos die vooruitsig aan 'n reis soos dié om my enjin in hoogste rat te kry nie.

Nadat ons die eerste nag op die kampterrein in Steenbokkie Nature Reserve in Beaufort-Wes oorgebly het, het ons reguit deurgery na die Morganbaaikampterrein waar ons die aand halfses aangekom het. Dit was die begin- en ontmoetplek vir almal wat hierdie keer sou saamreis. Dit is georganiseer as deel van 'n samewerkingsooreenkoms tussen Cederberg 4X4 en Caravan & Outdoor Life/ Kamp & karavaan.

Na ons aankoms by Morgan Bay, het Coenie, die eienaar van Cederberg 4X4, wat tydens hierdie reis as gids sou optree, ons die aanwysings na ons kampstaanplek gegee. Dit het nie lank geneem om kamp op te slaan, ons om die braaivuur tuis te maak en die ander avonturiers op die reis te leer ken nie. (Daar is foto's van al die voertuie, karavane en bossleepwaens verder in hierdie artikel.)

Morgan Bay-kampterrein is 'n skilderagtige plek met groot bome en groen gras. Dis op die oewer van die Inchararivier-strandmeer wat geleentheid bied vir watersport en visvang. Ons het gesien dat kampeerders wat staanplekke langs die strandmeer het, voor hul tente op stoele sit en visvang.

Die volgende oggend het ons eers aan die heerlike ontbyt gesmul, en toe na die plek gery waar voertuie

You’re reading a preview, subscribe to read more.